Die Britse premier, Boris Johnson, sal sy teenwoordigheid in die Rusland-Oekraïne-krisis beklemtoon deur in die “komende dae” ’n telefoniese gesprek met pres. Wladimir Poetin te hê en die streek te besoek.
Sky News berig die premier sal “weerhouding aanmoedig om bloedvergieting te voorkom” tussen die twee voormalige state van die Sowjetunie en is vasbeslote om gedurende die reis “diplomatieke pogings te versnel”, het ’n woordvoerder van 10 Downing Street gesê.
“Hy sal die noodsaaklikheid vir Rusland om terug te staan herhaal en diplomaties betrokke raak wanneer hy vandeesweek met pres. Poetin praat,” het sy bygevoeg.