Wanneer ’n groot ramp ’n gemeenskap tref, dink ’n mens nie altyd aan die diere wat ook ly nie.
Die internasionale dierewelsynorganisasie Four Paws is besig om troeteldiere wat in die reuse-ontploffing op 4 Augustus in Beiroet, Libanon, verlore geraak het, uit die puin te red en weer met hul eienaars te herenig.
“Ons doel is om met die hulp van Animals Lebanon en plaaslike vrywilligers soveel as moontlik diere uit die puin te red en soveel as moontlik troeteldiere met hul eienaars te herenig,” sê die organisasie, wat ook in Suid-Afrika baie bedrywig is, in ’n mediaverklaring.