Sowat ’n dosyn geklassifiseerde dokumente is verlede week by die huis van oudvisepres. Mike Pence in die Amerikaanse deelstaat Indiana gevind.
Die Amerikaanse departement van justisie en die FBI ondersoek waarom die dokumente by Pence se huis gestoor is, berig Forbes.
’n Prokureur van Pence het glo die dokumente gevind by sy kliënt se nuwe huis in Carmel, Indiana, wat hy vir byna $2 miljoen gekoop het nadat hy die Withuis in 2021 verlaat het.