Die sokkerster Cristiano Ronaldo, wat ’n tweeling verwag het saam met Georgina Rodríguez, sy lewensmaat, het aangekondig dat een van die babas dood is.
“Ons is gebroke dat ons moet aankondig ons babaseuntjie is dood,” het Ronaldo en Rodríguez Maandag in ’n gesamentlike verklaring op Instagram gesê.
“Dit is die ergste pyn wat enige ouer kan voel. Net die geboorte van ons babadogter gee ons die krag om deur hierdie oomblik te leef met ’n bietjie hoop en geluk.”