Die polisie ondersoek die dood van twee Britse pensioentrekkers wat vermoedelik in 2020 dood is, maar wie se lyke eers vandeesweek in hul huis in ’n afgeleë gebied in die suide van Tipperary, Ierland, gekry is.
Die tyd van Nicholas (81) en Hilary Smith (79) se dood moet nog vasgestel word, maar artikels in hul yskas dui daarop dat hulle tussen November en Desember 2020 dood is, berig The Irish Times.
Hul lyke is Maandagmiddag in hul huis gekry nadat die polisie ontbied is om te kyk of alles pluis is. Hulle is aan hul tande uitgeken.