Vroue wat die seksoortreder Jeffrey Epstein voor sy dood van seksuele misbruik beskuldig het, het Donderdag regsgedinge teen Deutsche Bank AG en JPMorgan Chase & Co aanhangig gemaak en beweer die banke het finansieel voordeel getrek uit Epstein se beweerde sekshandelbedrywighede.
Die vroue, wat nie in die hofdokumente geïdentifiseer is nie, oorweeg ’n groepsgeding ingevolge die twee afsonderlike regsgedinge wat by die Amerikaanse distrikshof vir die suidelike distrik van New York ingedien is.
Deutsche Bank het in ’n verklaring gesê die saak het geen meriete nie en hy sal die nodige argumente in die hof lewer.