Swaar reën bemoeilik reddingspogings in Haïti, waar duisende mense ná die aardbewing Saterdagaand haweloos gelaat is en teen Dinsdagaand (plaaslike tyd) dus deurnat was weens die reën.
Die owerhede het Maandag gesê minstens 1 419 mense is dood en meer as 6 900 beseer in die aardbewing met ’n sterkte van 7.2.
Daar is nie veel hoop dat nog oorlewendes onder die puin gevind sal word nie, terwyl reën humanitêre hulppogings bemoeilik.