Die Verenigde Nasies (VN) en sy vennote het Woensdag ’n pleidooi gelewer vir geldhulp van $187,3 miljoen om die halfmiljoen mense by te staan wat deur die aardbewing in die suidweste van Haïti geraak is.
UN News sê op sy webwerf die geld sal vir skuiling, water en sanitasie, noodgesondheidsorg, kos en herstelwerk gebruik word.
Die aardbewing met ’n sterkte van 7,2 wat die eilandnasie op 14 Augustus getref het, het meer as 2 200 lewens geëis en meer as 12 000 mense is beseer. Meer as 130 000 huise is vernietig of beskadig, sowel as infrastruktuur soos paaie.