Ghislaine Maxwell is Dinsdag in die federale hof in Manhattan, New York, tot 20 jaar tronkstraf gevonnis weens haar betrokkenheid by Jeffrey Epstein se seksmisdade teen minderjarige meisies.
Maxwell (60), ’n Britse sosiale vlinder, is in Desember 2021 skuldig bevind aan onder meer sekshandel en die werf en gereedmaak van vier meisies om met Epstein, haar kêrel tussen 1994 en 2004, seksuele omgang te hê.