As dit nodig is, sal die humanitêre organisasie Gift of the Givers ook diere in die oorloggeteisterde Oekraïne help.
Daar is egter nog nie so ’n versoek aan hom gerig nie en hy staan nog net mense by, sê dr. Imtiaz Sooliman, die organisasie se stigter.
“Ons help mense waar dit prakties en moontlik is. As ’n probleem oor diere onder ons aandag gebring word, sal ons kyk hoe ons kan help.”