Die persoon wat gesien is toe hy die swaar bewaakte grens tussen Suid- en Noord-Korea oorgesteek het, is waarskynlik iemand van die noorde wat vroeër na die suide gegaan het, sê Seoel se minister van verdediging.
Suid-Korea het Saterdag ’n soektog onderneem aan die oostekant van die gedemilitariseerde sone tussen die twee lande.
“Die owerhede neem aan die persoon is ’n Noord-Koreaanse oorloper. Ons ondersoek nog die aangeleentheid,” het die departement van verdediging gesê.