Die dodetal ná ’n verwoestende aardbewing in die Les Cayes-omgewing van Haïti het Sondag tot 724 toegeneem.
Reddingswerkers het steeds naarstigtelik na moontlike oorlewendes onder die puin van ineengestorte geboue gesoek.
Kerke, hotelle, hospitale en skole is erg beskadig of heeltemal verwoes, terwyl die mure van ’n tronk ook weens inmekaar getuimel het. Die aardbewing, met ’n sterkte van 7,2, het die land omstreeks 08:30 Saterdagoggend (14:30 in Suid-Afrika) getref, en verskeie naskokke het gevolg.