Hospitale in Haïti was Sondag oorweldig toe duisende mense Saterdag in ’n aardbewing beseer en minstens 1 297 dood is.
Intussen probeer die owerhede inderhaas dokters in die land te kry om in die gebiede te gaan help wat die ergste geraak is.
Die aardbewing, met ’n sterkte van 7.2, het duisende huise en geboue op die Karibiese eiland beskadig.