Haïti: Hulp van buite bereik platteland drupsgewys
Deel
Mense slaap Donderdagnag buite hul huis in die kusstad Les Cayes, een van die gebiede wat die ergste deur Saterdag se aardbewing van 7,2 geraak is. Nuwe naskokke is Donderdagnag hier gevoel. Foto: Reuters/Ricardo Arduengo
Buitelandse hulp het Donderdag eers die meer plattelandse gebiede in die suidweste van Haïti drupsgewys begin bereik. Dis vyf dae nadat ’n sterk aardbewing meer as 2 000 lewens geëis en tienduisende geboue in puin gelê het.
Die amptelike dodetal staan nou op 2 189, maar dit sal na verwagting styg.
Honderde mense het in rye gestaan en wag om voorraad van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram te kry in ’n kamp vir ontheemdes wat op die plattelandse dorp Camp-Perrin opgerig is.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.