Spanning neem toe oor die gebrek aan hulpverlening aan inwoners van Haïti nadat ’n aardbewing die suidwestelike deel van die eiland die naweek getref het.
NPR berig 2 189 mense is in die aardbewing dood en 12 000 beseer.
Sowat 330 mense word steeds vermis en soek-en-reddingsoperasies duur voort in Les Cayes in die suidweste van Haïti.