Haïtiane maak desperaat kos bymekaar, soek skuiling en probeer mediese sorg kry nadat die land die naweek deur ’n aardbewing getref is.
Die dodetal ná die aardbewing Saterdag staan op 1 941 en 9 915 mense is beseer.
Reddingswerkers moes in ’n stadium hul werk staak weens die tropiese storm Grace wat Dinsdag wes van Les Cayes – sowat 150 km vanaf die hoofstad, Port-au-Prince – verbybeweeg en tot swaar reën en oorstromings gelei het.