Pres. Jovenel Moïse van Haïti, wat vroeër vandeesmaand vermoor is, word Vrydag ter ruste gelê, terwyl sy ondersteuners vir ’n tweede agtereenvolgende dag betoog.
Die moord op Moïse op 7 Julie in sy huis het verdere politieke probleme veroorsaak in dié land, wat reeds onder wetteloosheid en armoede gebuk gaan.
Werkers het deur die nag gewerk om ’n grafkelder vir die begrafnis op te rig. Dit is op die grond waar hy as seun grootgeword het en is naby sy pa se mausoleum.