Claude Joseph, wat Haïti sedert die sluipmoord op pres. Jovenel Moïse op 7 Julie as waarnemende premier gelei het, gaan die posisie ontruim.
Reuters berig die aankondiging beëindig ’n magstryd tussen Joseph en Ariel Henry, die 71-jarige neurochirurg wat twee dae voor die moord deur Moïse as premier benoem is, maar nog nie beëdig is nie.
Volgens Jacky Cantave, ’n amptenaar van Haïti se ministerie van buitelandse sake, het Joseph aanvanklik die leiding geneem om die kontinuïteit van die regering te verseker, maar dat hy die mag aan Henry sou oorhandig noudat daar konsensus bereik is.