Kamala Harris, die Amerikaanse visepresident, het Saterdag Tanzanië se nuwe president, Samia Suluhu Hassan, die eerste vrou wat die amp beklee, gelukgewens en gesê die VSA is bereid om bande tussen die twee lande te versterk.
Harris, die eerste vrou en eerste persoon van kleur wat as ’n Amerikaanse visepresident dien, het haar gelukwensing op Twitter geplaas.
“Die beste wense aan @SuluhuSamia ná haar eedaflegging as Tanzanië se nuwe president – die eerste vrou wat die amp beklee. Die Verenigde State staan gereed om saam met u te werk om die betrekkinge tussen ons lande te versterk,” het sy geskryf.