Noodvoorrade sal Woensdag met helikopters na inwoners in Wes-Java, Indonesië, geneem word wat weens Maandag se aardbewing gestrand gelaat is.
Minstens 268 mense is dood nadat die aardbewing met ’n sterkte van 5,6 die dorp Cianjur getref het en meer as 150 mense word vermis. Die meerderheid van die slagoffers is kinders wat in die skool was tydens die aardbewing.
Reddingswerkers sal Woensdag op Cugenang fokus, een van die distrikte wat die ergste geraak is en waar ’n hele dorp vermoedelik weens ’n grondverskuiwing begrawe is.