Die man wat as ’n held uitgebeeld word in die rolprent Hotel Rwanda, is volgens sy familie deur die Rwandese regering ontvoer en teruggeneem na sy vaderland.
Die Rwandese ondersoekburo het Paul Rusesabagina Maandag in boeie in Kigali, die hoofstad, “ten toon gestel”.
Volgens die polisie is hy op aanklagte van terrorisme in hegtenis geneem ingevolge ’n internasionale lasbrief.