Die internasionale diere-organisasie Four Paws het tien ton kos versprei aan diere wat honger ly en haweloos gelaat is ná ’n ontploffing by die hawe in Beiroet, Libanon in Augustus 2020.
Four Paws in Suid-Afrika sê die organisasie het ’n veldtog van stapel gestuur om te help met oorvol skuilings vir diere in Beiroet en om diere te voer wat deur die ontploffing geraak is.
Die ontploffing op 4 Augustus verlede jaar het honderde mense se lewens geëis en duisende is beseer. Baie diere het hulle tuistes verloor en hawelose diere wat vantevore deur weldoeners gevoer is, se bron van kos het opgedroog.