Microsoft het bewerings ondersoek dat Bill Gates sowat 20 jaar gelede ’n verhouding probeer aanknoop het met ’n werknemer van dié maatskappy wat hy help stig het.
’n Woordvoerder van Microsoft sê dit het vir die eerste keer in 2019 aan die lig gekom nadat hulle ’n klag gekry het waarin beweer is dat Gates in 2000 ’n intieme verhouding met ’n werknemer probeer aanknoop het.
“Die klagte is ondersoek deur ’n komitee wat ondersteun is deur ’n onafhanklike regsfirma,” sê die woordvoerder in ’n verklaring. Die nodige ondersteuning is ook aan die klaer gegee.