Nancy en Brian Allen staan op 4 Januarie buite hul huis terwyl sterk wind rook en as van die Currowan-brand aanblaas na Nowra in Nieu-Suid-Wallis, Australië. Meer as 190 000 vierkante kilometer, omtrent die grootte van Sirië, is deur brande verwoes. Dié brande het tussen September 2019 en Maart 2020 die lewens van 34 mense geëis. Minstens 3 500 wonings en honderde ander geboue is vernietig. Reën in Februarie het verligting gebring en teen 4 Maart is die laaste van die duisende brande geblus. Vyf maande later het verterende vlamme Kalifornië begin teister. Colorado en Oregon het gevolg en Idaho, Wyoming en Utah het teen November bygedra tot die vernietiging van sowat 35 000 vierkante kilometer, ’n gebied omtrent so groot soos Nederland. Minstens 51 mense is in die brande dood. Foto: Reuters
Iewers tussen 1 Januarie en 31 Desember het die aarde opgehou draai en het Covid-19 die enigste nuus geword waaroor mense praat. Altans so voel dit. Alet Joubert en Arlene Prinsloo kyk terug na van die ander groot nuustemas en -gebeure van 2020.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.