Die aktrise Jane Fonda ontvang chemoterapie vir limfoomkanker.
In ’n plasing op haar Instagram-blad sê die Oscar-bekroonde aktrise sy ontvang behandeling vir ’n “baie behandelbare” vorm van limfoomkanker en sal aanvanklik ’n ses maande lange reeks chemoterapie-behandelings ontvang.