’n 24-jarige man van Japan wat verkeerdelik geld van ’n Covid-19-hulpfonds ontvang het, het dit vermoedelik weggedobbel.
Die BBC berig sowat 46,3 miljoen jen is verkeerdelik in die man se bankrekening inbetaal wat veronderstel was om aan 463 mense betaal te word as deel van die regering se verligtingsfonds vir Covid-19. Elk van hierdie 463 mense word in ’n lae-inkomstegroep geklassifiseer en moes ’n toelae van 100 000 jen, sowat R12 357, elk ontvang.
Die man se prokureur het aan die Japan Today-nuusagentskap gesê dit is onwaarskynlik dat hy die geld wat op 8 April vanjaar in sy rekening betaal is, sal kan teruggee. Bronne het aan die publikasie gesê die man het glo die geld op oorsese casino-webwerwe bestee.