’n Kleuterskooljuffrou is ter dood veroordeel nadat sy 25 kinders, waarvan een dood is, gif ingegee het.
Die onderwyseres Wang Yun is verlede jaar in hegtenis geneem nadat kinders by ’n kleuterskool in die stad Jiaozuo in China, waar sy gewerk het, hospitaal toe geneem moes word nadat hulle die oggend ontbytpap geëet het.
Wang het die dag voor die voorval met ’n kollega oor die kinders se opvoeding gestry, en die hof het bevind sy het uit weerwraak op 27 Maart 2019 nitriet in haar kollega se leerlinge se pap gegooi. Sy het die middel vroeër aanlyn gekoop.