Bill Gates se kollegas het hom glo al in 2008 aangeraai om op te hou om aan ’n vroulike werknemer van die maatskappy e-posse te stuur waarin hy met haar flankeer.
Hy was toe nog voorsitter van die raad van Microsoft, berig The Wall Street Journal (WSJ) in die jongste van ’n reeks berigte waarin onthul is dat Microsoft se raad Gates vir owerspel met ’n werknemer ondersoek het.
Gates het Microsoft se raad in 2020 verlaat en gesê dis om op sy filantropiese werk fokus. WSJ berig egter dat die raad Gates uitgestoot het weens ’n beweerde onvanpaste verhouding met ’n vroulike werknemer.