Taiwan moet waaksaam wees vir China se oordrewe militêre aktiwiteite, het Su Tseng-chang, Taiwan se premier, Dinsdag gesê toe 56 Chinese vliegtuie Taiwan se lugruim binnegedring het.
“Taiwan moet paraat wees. China word al hoe meer moedswillig,” het Tseng-chang aan joernaliste in Taipei gesê. “Die wêreld het al China se herhaaldelike oortredings van vrede in die streek gesien en die druk op Taiwan.”
Pres. Tsai Ing-wen sê Taiwan sal doen wat hy moet om die land te beskerm nadat 148 Chinese vliegtuie sedert Vrydag Taiwan se lugruim binnegedring het. China het Vrydag ’n belangrike patriotiese openbare vakansiedag gevier.