Koningin Elizabeth, prins Charles en prins William het in ’n ongekende verklaring kragte teen Brittanje se openbare uitsaaier, die BBC, saamgesnoer.
Dié koninklike mokerhou kom nadat die BBC in ’n dokumentêre program, The Princes and The Press, berig het dat koninklike bronne agter die skerms inligting aan die media gee.
Prins William en sy boer, prins Harry, se verhouding met die media kom ook onder die soeklig.