Die magtige G20-groepering het altesame $5 000 miljard beloof om die wêreldekonomie teen die Covid-19-pandemie te beskerm.
Die G20-leiers het in ’n videokonferensie, wat deur koning Salman bin Abdulaziz al-Saud van Saoedi-Arabië, die huidige G20-voorsitter, belê is, onderneem om alles moontlik te doen om die pandemie te stuit.
Meer as 23 000 mense wêreldwyd is al weens die virus dood, terwyl meer as 500 000 mense positief getoets is. Daar word gevrees die pandemie kan lei tot ’n wêreldwye resessie.