10 Downing Street, ampswoning van die Britse premier, Boris Johnson, was moontlik die teiken van kuberspioene.
Die moontlikheid van so ’n kuberaanval is in ’n verslag van die Kanadese kuberveiligheidsgroep Citizen Lab bekend gemaak.
The Guardian berig Pegasus, programmatuur om digitale kommunikasie te onderskep en ’n foon in ’n meeluisterapparaat te omskep, is oënskynlik in 2020-’21 in 10 Downing Street en die Britse kantoor van buitelandse sake gebruik.