Minstens vier mense is dood en talle beseer nadat ’n drie verdieping hoë paviljoen langs ’n stiergeveg Sondag in Colombia ineengestort het.
’n Minderjarige, twee vroue en ’n man is dood, berig die BBC.
Die voorval het tydens die San Pedro-fees in El Espinal gebeur waartydens informele stiergevegte gehou is.