’n Reusebrand het gister in Beiroet se hawe uitgebreek met oranje vlamme en groot bolle swart rook wat inwoners beangs gemaak het terwyl hulle nog herstel van die hawe-ontploffing verlede maand wat hele woonbuurte verwoes en sowat 200 mense se lewe geëis het.
Die brand het moontlik in ’n pakhuis van ’n private maatskappy begin wat kookolie invoer. Dit het toe na ’n voorraad rubberbande versprei, het Bassem el-Kaissi, die hawe se tussentydse bestuurder, in ’n TV-onderhoud gesê.
Dit is moontlik die oorsaak van die swart rookwolk, sê el-Kaissi.