Die Britse verpleegster wat onder meer in verband met ’n reeks moorde op pasgebore babas teregstaan, het een vroeggebore babameisie glo met haar vierde probeerslag vermoor en toe ’n simpatiekaartjie aan die ouers gestuur.
Die BBC berig Lucy Letby (32) word van die moorde op sewe babas en pogings tot moord op tien ander aangekla. Die beweerde misdade is glo gepleeg toe sy van 2015 tot 2016 in die neonatale saal van die Countess of Chester-hospitaal in die noordweste van Engeland gewerk het.
Letby ontken skuld op al die aanklagte.