’n Gesin van Thailand het Saterdagnag wakker geskrik van ’n harde geluid en ’n olifant op heter daad betrap wat in hul kombuis na eetgoed soek.
Ratchadawan Puengprasoppon het aan CNN gesê die gesin het hulle ondertoe gehaas en afgekom op die olifant wat sy kop deur ’n gat in die kombuismuur gesteek het.
Die gat was reeds in die muur nadat ’n olifant verlede maand dié skade aangerig het. Dit was egter nog nie herstel nie.