’n Bekende Russiese joernalis en televisiepersoonlikheid, Ksenja Sobtsjak, het na Litaue gevlug nadat polisie ’n klopjag op een van haar huise uitgevoer het.
Intelligensiedienste in Vilnius het haar ontsnapping na Litaue bevestig.
The Guardian berig Sobtsjak is die dogter van pres. Wladimir Poetin se voormalige baas en mentor, Anatoli Sobtsjak. Hy was die burgemeester van St. Petersburg.