Die Franse president, Emmanuel Macron, het Donderdag met sy aankoms in Libanon dringende internasionale hulp vir die land gevra, twee dae nadat ’n verwoestende ontploffing in Beiroet die dood van minstens 145 mense veroorsaak het.
Die enorme ontploffing het ’n seismiese skok veroorsaak wat oor die hele streek heen gevoel kon word.
Tientalle mense word steeds vermis ná die ontploffing Dinsdag in die hawe van die stad. Nog 5 000 mense is beseer en ’n verdere kwartmiljoen is dakloos gelaat.