’n Man in ’n skare toeskouers het pres. Emmanuel Macron van Frankryk Dinsdag deur die gesig geklap toe dié nader gestaan het om mense te groet tydens ’n besoek aan ’n dorp in die suide van die land.
Macron se veiligheidswagte het die man platgeduik en Macron na veiligheid geneem. Twee mense is in hegtenis geneem, berig BFM TV en RMC radio.
Jean Castex, premier, sê die aanval is ’n belediging teenoor die demokrasie.