Twee Suid-Afrikaners het Dinsdag ná ’n angstige reis van vyf dae daarin geslaag om Hongarye vanuit die oorloggeteisterde Oekraïne te bereik.
Nkateko Muyimane (24) en Mandisa Malindisa (26), wat albei medies aan die nasionale W.N. Karazin-universiteit van Charkif studeer, beweer hulle het weinig hulp van die Suid-Afrikaanse ambassade in Oekraïne ontvang.