Peru het Woensdag ’n nuwe president ingehuldig ná ’n dag van politieke drama waartydens die linkse leier Pedro Castillo (53) in hegtenis geneem en uit sy amp as president verwyder is.
Castillo is in ’n verhoor uit die amp onthef ná sy pogings om mag te behou deur die kongres te ontbind. Wetgewers het voortgegaan met ’n verhoor oor ’n staat van beskuldiging wat voorheen beplan is. Altesaam 101 wetgewers het gestem om hom te verwyder, ses was teen sy verwydering en tien het nie gestem nie.