Indonesië gaan die sokkerstadion sloop waar minstens 130 mense vroeër vandeesmaand in ’n stormloop dood is.
Pres. Joko Widodo van Indonesië het Dinsdag dié aankondiging gedoen en beloof om die sport “deeglik te transformeer”.
Widodo het met verslaggewers by die staatspaleis ná ’n vergadering met Gianni Infantino, president van Fifa, gepraat.