Honderde migrante het Dinsdag in ysige koue naby Belarus se grens met Pole geslaap, terwyl die Poolse premier die grens besoek en amptenare gewaarsku het dat spanning in die komende dae kan toeneem.
Pole beskuldig Belarus daarvan dat hy konfrontasie probeer ontlok deur migrante aan te moedig om na Pole en die Europese Unie (EU) te gaan.
Op video’s kan gesien word hoe honderde migrante na die Poolse grens naby Koeznica stap en hoe sommige probeer om ’n gat onderdeur ’n grensheining te maak.