Drie jong kinders is dood en een baie ernstig beseer toe leeus hulle in die omgewing van Tanzanië se wêreldbekende Ngorongoro-wildreservaat aangeval het.
Die kinders, van tussen nege en 11 jaar oud, het Maandag ná skool na die Ngorongoro-bewaringsgebied gegaan om na vermiste vee te soek, het Justine Masejo, polisiehoof van Arusha, gesê.
Ngorongoro, in die noorde van die land, is ’n wêrelderfenisgebied waar onder meer jagluiperds, leeus en luiperds voorkom.