Stewart Rhodes, stigter van die verregse militante groep Oath Keepers, is Donderdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir oproerige sameswering in verband met die aanval op die Amerikaanse kongresgebou op 6 Januarie 2021.
Dit is die langste vonnis wat tot nog toe in verband met die aanval opgelê is, waartydens ondersteuners van Donald Trump die gebou bestorm het.
Distriksregter Amit Mehta het die vonnis opgelê nadat ’n uitdagende Rhodes in ’n oranje oorpak voor hom gestaan en beweer het hy is ’n “politieke gevangene” wat, soos Trump, mense probeer teenstaan “wat ons land vernietig”.