Woedende Libanese meen dat die regering se bedanking Maandag nie naastenby voldoende reaksie was op die tragedie van verlede week se verwoestende hawe-ontploffing nie.
Hulle eis die verwydering van wat hulle as die land se korrupte regeringsklas beskou en wat hulle meen te blameer is vir die land se treurmares.
’n Betoging met die slagspreuk “begrawe die owerhede eerste” is vir naby die hawe beplan, waar hoogs plofbare middels wat jare lank geberg is, op 4 Augustus ontplof en tot die dood van minstens 163 mense gelei, 6 000 beseer en honderdduisende dakloos gelaat het.