Libanon se regering het Maandagaand bedank.
Hassan Diab, premier, het die aankondiging Maandagaand op TV gedoen en gesê die reuse-ontploffing wat Beiroet, die hoofstad, geruk het, is die gevolg van endemiese korrupsie.
Meer as 2 000 t ammonium-nitraat het in ’n hawepakhuis ontplof. Meer as 200 mense is dood, meer as 6 000 beseer en ’n groot deel van die Mediterreense stad is vernietig.