Drie Franse polisielede is dood nadat ’n man op hulle losgebrand het toe hulle gereageer het op ’n klag van gesinsgeweld by ’n afgeleë kommune in die sentrale deel van Frankryk.
’n Vrou, die beweerde slagoffer van die gesinsgeweld, het op die dak van die huis gaan skuiling soek en polisielede moes haar red, berig die Franse BFM TV.
Die huis, in Saint-Just, sowat 500 km suidoos van Parys, het in vlamme opgegaan en die vermeende aanvaller is later dood in sy motor gevind, sê die polisie.