Die man wat pres. Emmanuel Macron Dinsdag deur die gesig geklap het, bestuur ’n klub vir entoesiaste van Middeleeuse swaarde en het geen misdaadrekord nie, het twee bronne na aan die polisieondersoek Woensdag gesê.
’n Polisiebron het die verdagte as die 28-jarige Damien Tarel geïdentifiseer. Tarel en nog ’n man was Woensdag nog in polisie-aanhouding, het die bron gesê.
Die aanklag van aanranding teen ’n openbare amptenaar het ’n maksimum vonnis van drie jaar tronkstraf en ’n boete van €45 000 (sowat R750 000).