Inwoners van New Orleans in die Amerikaanse deelstaat Louisiana maak gereed vir die gevolge van die orkaan Barry wat tans op dié kusstad afpyl.
Die orkaan is maar ’n paar honderd kilometer van die kus en ’n windspoed van meer as 120 km/h is reeds bereik, berig die BBC.
Die stormstelsel beweeg teen betreklik stadig in ’n noordwestelike rigting.